Opera in Bloemfontein word ná byna twee dekades uit die vergetelheid opgediep danksy die dryfkrag van musici aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) en in die Vrystaatse simfonieorkes (FSSO). Hulle span saam vir ’n opvoering van die eenbedryfopera Cavalleria Rusticana en die Vrystaat Kunstefees – van 18 tot 22 Julie in Bloemfontein – verskaf die platform.
Volgens die OSM-sangdosent Albertus Engelbrecht sal die opvoering die begin wees van gereelde geleenthede vir die studente om hul vaardighede op die operaverhoog te toets.
Tara Notcutt van Kaapstad sal die regie behartig, terwyl Engelbrecht en Teresa de Wit die sangers afrig en die dirigent Alexander Fokkens die FSSO sal lei.
Notcutt sê die belangrikste element van die produksie is die musiek, daarom sal die regie “eenvoudig” maar “doeltreffend” wees. Geprojekteerde beelde sal instaan vir dekor en die kostuums is gewone hedendaagse klere.
Notcutt sê sy sal wel op die onderlinge verhoudings tussen die hoofkarakters fokus, want “met elke lees van die libretto het ek al hoe meer onder die indruk gekom van mans se gebrek aan respek vir vroue en die mishandeling waaraan die vroue onderwerp was – gedrag wat vandag steeds voorkom.” Dié emosies sal sy met slim beligting onderstreep.
Die verhaal Cavalleria Rusticana, van die Italiaanse komponis Pietro Mascagni, speel in 1890 op die eiland Sicilië af. 'n Tradisionele produksie van Cavalleria Rusticana, opgevoer in La Scala met Maria Callas en Giuseppe di Stefano in die hoofrolle. Die milieu vir die produksie in Bloemfontein sal eietyds wees.
Die jong vrou Santuzza kla by haar geliefde se ma dat Turiddu haar met sy vorige minnares, Lola, verneuk. Lola is egter sedertdien met Alfio getroud. Op dié Paasdag terwyl die dorpenaars op pad is kerk toe, vertel Santuzza vir Alfio van sy vrou se ontrouheid. Alfio is woedend en sweer wraak.
Hy besoek later die dag Turiddu wat saam met sy vriende drink en dié daag Alfio tot ’n tweegeveg uit. Die uiteinde is die dood en intense hartseer.
Rolverdeling; Die soliste is die mezzosopraan Teresa de Wit (Santuzza), die tenoor Albertus Engelbrecht (Turiddu), die bariton Lefa Sello (Alfio), die mezzosopraan.

Tara Notcutt |
Comments
Post a Comment