Free State Symphony Orchestra conducted by Bernhard Gueller
Soloist : Ockie Vermeulen
(organ)
Dates : Thursday 13 August
Venue : Odeion
Time : 19:30
Music
lovers will get the opportunity to listen to two of the most famous works for
organ and orchestra during the next concert of the Free State Symphony
Orchestra. The Pretoria based organist Ockie Vermeulen will be the soloist in
Albinoni’s famous Adagio in G minor
as well as Poulenc’s Organ Concerto in G
minor. Also on the programme are Schumann’s Symphony No. 4 and Arvo Pärt’s Fratres.
The internationally acclaimed conductor Bernhard Gueller will be on the
podium. This concert is made possible by a grants from the National Lotteries Commission
(NLC) and the Rupert Foundation.
Albinoni’s
Adagio has been used in several film
soundtracks, including Gallipoli and Rollerball and it was also performed at
the funeral of Lady Diana, Princess of Wales. Fratres, in its many reincarnations has also appeared soundtracks, most
notably There Will Be Blood, starring
Daniel Day-Lewis.
Ockie
Vermeulen is an active concert organist and music arranger. In 2011 he was
invited to perform in Monaco where he played for as service which was attended
by Prince Albert and Princess Charlene and also gave a solo recital. His debut
CD, Highland Cathedral has been met
with critical acclaim and has been topping the South African charts for 50
consecutive weeks. In November 2010 he released his second CD Arena on which he collaborated with musicians
such as Christa Steyn, Wessel van Wyk, Charl du Plessis and Helen Vosloo.
For the last
13 years music director of Symphony Nova Scotia in Halifax, Canada, Bernhard
Gueller continues to enthral audiences with his profound and exciting
interpretations. Well
known to audiences internationally for the passion, mastery and drama he brings
to the concert hall podium, Gueller is also acclaimed for his “profound interpretations”,
the “stunning responses he gets from musicians” and the excitement he elicits. He is loved by musicians,
critics and audience for his musical purity and continually garners praise for
the fresh approach he brings to the podium. This is maestro Gueller’s third
visit to Bloemfontein and the Free State Symphony Orchestra.
Tickets
for the concert in the Odeion are available from Computicket outlets or book
online at www.computicket.com.
Admission:
R130 (adults)
R100 (pensioners)
R50 (students/learners/group
bookings of 10+)
Enquiries:
Ella
Kotze (FSSO), tel. (051) 401-2342 (office hours)
Vrystaatse Simfonieorkes onder leiding van
Bernhard Gueller
Solis : Ockie Vermeulen (orrel)
Datum : Donderdag 13 Augustus
Plek : Odeion
Tyd : 19:30
Musiekliefhebbers
kry met die volgende konsert van die Vrystaatse Simfonieorkes die geleentheid
om na twee van die mees geliefde werke vir orrel en orkes te luister. Die
Pretoriase orrelis Ockie Vermeulen is Donderdag 13 Augustus die solis in die
bekende Adagio in G mineur vir Orrel en
Strykorkes van Tomaso Albinoni asook die Orrelkonsert in G mineur van Francis Poulenc. Bernhard Gueller is
op die podium. Die orkes begin die konsert met Arvo Pärt se Fratres en na pouse speel hulle Robert
Schumann se Simfonie No. 4 in d-mineur,
op. 120. Hierdie konsert word moontlik gemaak deur die ondersteuning van
die Nasionale Lotery Kommissie en die Rupert Stigting.
Albinoni se Adagio is al meermale in rolprentklankbane gebruik. Die twee
bekendste voorbeelde hiervan is Gallipoli
en Rollerball, terwyl dit ook in
1997 uitgevoer is met die begrafnis van Diana, Prinses van Wallis. Frates was gebruik in There Will be Blood met Daniel Day-Lewis
in die hoofrol.
Ockie Vermeulen is ʼn aktiewe musikus
wat benewens sy pos as orrelis van die NG gemeente Pretoria-Oos ook gereeld
orreluitvoerings lewer. In 2012 word hy genooi om as solis in Monaco in die
teenwoordigheid van Prins Albert en Prinses Charlene op te tree. In 2007 reik
hy ʼn CD, Highland Cathedral, uit. Die
CD word uitstekend ontvang en was vir langer as ʼn jaar op die SA Klassieke
Top20-lys. Hy is ook een van die orreliste op die gewilde Heavenly Organ CD uitreikings. In 2011 reik hy sy nuwe CD, Arena, uit en werk daarop saam met
bekende musici soos Christa Steyn, Wessel van Wyk, Charl du Plessis en Helen
Vosloo. Hierdie CD word in 2011 vir ’n SAMA toekenning genomineer. In dieselfde
jaar word hy uitgenooi om saam met die Charl du Plessis-trio op te tree by ʼn
musiekkunstefees in Switserland wat met staande toejuigings ontvang is.
Bernhard Gueller is die
afgelope 13 jaar musiekdirekteur van die Symphony Nova Scotia in Halifax,
Kanada. Hy besoek Suid-Afrika die afgelope 20 jaar op ʼn gereelde basis waar hy
orkeste in die Kaap, Durban Pretoria en Johannesburg dirigeer. Hierdie is sy
derde besoek aan Bloemfontein en die Vrystaatse Simfonieorkes. Gueller is bekend vir sy dramatiese vertolkings en aandag aan detail wat
hom ʼn gewilde dirigent onder musici asook gehore in Suid-Afrika maak.
Kaartjies vir die
konsert in die Odeion is by Computicket (Checkers, Shoprite winkels) beskikbaar
of bespreek aanlyn by www.computicket.com.
Toegang
R130 (volwassenes)
R100 (pensioenarisse)
R50 (studente/skoliere en vir groepe van 10 of meer)
Navrae:
Ella
Kotze (FSSO), tel. (051) 401-2342
Comments
Post a Comment